Carol Botha blyk die enigste OOG-lid te wees wat die Spica okkultasie gesien het.
Sy skryf: "Dit was taamlik mistig hier by my, maar as julle mooi kyk sal julle tog vir Spica kan raaksien. Ek het hierdie twee fotos gekry nadat ek al die stellings op my mik-en-druk digitale kamera uitgestoets het. Met die blote oog kon ek glad nie vir Spica sien nie, maar sowaar, toe ek die fotos op die rekenaar sit was daar toe die verrassing! Ek was nie suksesvol met ´n foto na die okkultasie nie - die mis was eenvoudig te dig. Kon dit wel deur die verkyker sien."

Foto: © Carol Botha

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer