Philip skryf: Ek het twee van my okkutasiefotos van 4 Augustus gestapel en gekombineer. Mens kan nou duidelik sien hoe Antares beweeg het, regoor krater Endymion. Ongelukkig het ek nie ´n foto waar hy net-net uitgekruip het nie, ek was net te laat. Ek moes, weens die helderheid van die maan, die foto taamlik intensief bewerk wat beligting en kontras betref om Antares duidelik te kon opwys. Daarom is die landmerke op die maan maar baie vaag. Ek kon hulle nogtans uitken en merk.

Foto: © Philip van Heerden

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer