Philip verduidelik sy opstelling om die Son te fotografeer as volg:

"Ek projekteer die beeld op die skuins tafelbladjie. Die strook karton vooraan die teleskoop is daar om ´n skaduwee te gooi oor die gebied waar die Son op geprojekteer en gefokus word. Sodra die Son mooi gefokus is, neem ek eenvoudig net my kamera en fotografeer die beeld."

"Daarna gebruik ek PictureIt om die kontras en beligting asook die beeldskerpte reg te stel. Dit is gewoonlik nodig om ´n spieëlbeeld van die foto te maak en hom te roteer om ´n soortgelyke projeksie as die SOHO beeld te gee."

Foto: © Dr. Philip van Heerden

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer