Omtrent OOG

Die Orion Observasie Groep (OOG) is op 8 Maart 2003 gestig na ´n voorstel deur Serena tydens ´n RSG Sterre en Planete aand by Simonsvlei. Heelwat lede is later bygevoeg na ´n opvolg-artikel in Paarl Pos, ´n plaaslike koerant vir die Paarl, Wellington en Franshoek omgewing. Ons is ´n baie informele groep, meestal beginners, maar almal met ´n lewendige belangstelling in Sterrekunde.

OOG-lede bly ingelig deur ´n maandelikse e-pos (ook slakkepos) nuusbrief met die jongste nuus uit die sterrekunde wêreld asook bydraes deur lede. Ons reël van tyd tot tyd byeenkomste in verskeie vorms, soos sterre-aande, werkswinkels, ens. Ander, minder formele byeenkomste word op ´n ad-hoc basis gereël, gewoonlik om saam te val met ´n interessante sterrekundige gebeurtenis asook ´n jaarlikse jaareind o(og)kkasie.
 
Alhoewel die meeste van ons lede in die Boland gesetel is, het ons lede sover as Kammieskroon, Wildernis, Durban en Bloemfontein - en nou selfs ook mense uit Namibië, Pretoria en Nelspruit! Lidmaatskap is gratis en die besit van ´n teleskoop is geensins ´n voorvereiste nie.


 Nuus

OOG het nou sy eie webtuiste - gaan loer gereeld in by http://www.oog.za.org



http://www.oog.za.orghttp://www.oog.za.org 

© 2009 OOG. Alle regte voorbehou