Omtrent OOG

Die Orion Observasie Groep (OOG) is op 8 Maart 2003 gestig na ´n voorstel deur Serena tydens ´n RSG Sterre en Planete aand by Simonsvlei. Heelwat lede is later bygevoeg na ´n opvolg-artikel in Paarl Pos, ´n plaaslike koerant vir die Paarl, Wellington en Franshoek omgewing. Ons is ´n baie informele groep, meestal beginners, maar almal met ´n lewendige belangstelling in Sterrekunde.

OOG-lede bly ingelig deur ´n maandelikse e-pos (ook slakkepos) nuusbrief met die jongste nuus uit die sterrekunde wêreld asook bydraes deur lede. Ons reël van tyd tot tyd byeenkomste in verskeie vorms, soos sterre-aande, werkswinkels, ens. Ander, minder formele byeenkomste word op ´n ad-hoc basis gereël, gewoonlik om saam te val met ´n interessante sterrekundige gebeurtenis asook ´n jaarlikse jaareind o(og)kkasie.
 
Alhoewel die meeste van ons lede in die Boland gesetel is, het ons lede sover as Kammieskroon, Wildernis, Durban en Bloemfontein - en nou selfs ook mense uit Namibië, Pretoria en Nelspruit! Lidmaatskap is gratis en die besit van ´n teleskoop is geensins ´n voorvereiste nie.


 Nuus van ons laaste byeenkoms

Ons eie100 Hours of Astronomy byeenkoms




Op Saterdag, 4 April 2009, as deel van die Internasionale Jaar van Sterrekunde (IYA2009) se "100 Hours of Astronomy" hoeksteenprojek, het ons 'n sterreaand by die Voortrekkerterrein gehou. Die weer was ons darem genadig om 'n handvol voorwerpe vir die sowat 40 mense te kon wys. Die praatjie het gehandel oor die IYA2009 asook video dekking van die onlangse Pendeltuigsending na die ISS. Sien die Mei 2009 Fokus vir die volle storie.

© 2009 OOG. Alle regte voorbehou