Koorts Reunie - Rietvlei

22-24 September 2000

Laas opgedateer: 8 Desember 2000


Dit is meestal net met troues en begrafnisse dat families bymekaarkom. Die neweek van 22-24 September 2000 was egter 'n uitsondering toe ons klomp Koorts afstammelinge by ons oorspronklike familieplaas, Rietvlei (wat nou so verander is) byeengekom het.

Die meesterbreins agter hierdie blink gedagte, Elmene en Jacolene, die jongste van ons klomp neefs en niggies, het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en na seepgladde beplanning het ons Koorts (plaas) reunie toe eindelik gerealiliseer. Ons het in groot getalle op die Rietvlei omgewing begin toegesak vir 'n genotvolle kuier en herhinnerings-herleef naweek wat deur almal, groot en klein, oud en jonk ewe veel geniet is.

Hier is 'n klompie foto's, in album vorm, van die naweek (kliek op die klein prentjies om hulle te vergroot). Stuur gerus vir my al julle foto's ook, dan voeg ons hulle hier by.

Hier is 'n klompie ou plaasfotos uit my foto-album. NEW!

Ek (Willie) het my Pa se ou 8mm rolprent filmpies na video oorgesit en daarna van die raampies op rekenaar gegryp. Hier is 'n klompie wat ek al gedoen het (daar is nog wat ek ook wil doen).


Home
Home
Map
Site Map
Telescope
Telescope
Computerised Satellite Tracking
CoSaTrak
Historical
Historical
Gallery
Pictures
Software
Software
link
Links
Guestbook
Guestbook