From wpk@saao.ac.zaFri Jul 17 22:41:46 1998 Date: Thu, 23 Apr 1998 00:41:35 +0200 (GMT+0200) From: Willie Koorts To: arcit@iafrica.com Subject: Teleskoop On Tue, 21 Apr 1998, you wrote: > My naam is Craig Fouchi en ek bly in Port Elizabeth Bly te kenne Craig. > Ek wou nog altyd 'n Newtonian teleskoop gehad het maar, hulle is te > ontsettend duur. toe ek nou die dag op internet was toe het iets in my kop > "gekliek", ek kan mos een bou. Dis nou waar die probleem inkom. > Kan jy my dalk help. Ek sal enige tyd help waar ek kan. Ek moet jou net waarsku, ek is nie sooo op hoogte met wat daar in die lyn van spiee"l slyp bronne beskikbaar is nie. Ek het self ook nog nie 'n spiee"l geslyp nie, maar het al darem heelwat daaroor gelees. > Waar kan ek glas kry om 'n lens te slyp? > 'n ou vriend van my pa het al een geslyp - lank gelede - en hy het vir my > gesj dat hy twee stukke PYREX by die Pretoria Astrology Society gekry, dit > het die slyp poeier ook ingeluit - hoeveel sal dit nou kos, Net gou 'n vinnige waarskuwing hier - moet tog nooit dat 'n sterrekundige (astronomer) hoor jy verwys na hom as 'n astrologer (sterrewiggelaar) nie - jy kan dalk net 'n afjak kry! Ek is nie veel gepla nie, so moet asb. nie dink ek nou kwaad vir jou nie. Dit lyk asof daardie "kits" van ouds uit die mode geraak het. Vroe"r jare toe die Britte nog die ATM (Amateur Teleskoop Makers) was, was die stokperdjie nog baie meer "hands on" en toe was dit geredelik beskikbaar. Deesdae word die Amateur Sterrekunde stokperdjie deur die Amerikaners oorheers en hulle is te gemaklik en het te veel geld - byna alles word dus vandag gekoop en nie meer gemaak nie. Die swak Rand help ons natuurlik ook glad nie hierso nie. Die beste persoon na wie ek jou hieroor wil verwys is Bill Hollenbach ( zasah52@iafrica.com ). Kontak hom gerus en se^ ek jou na hom verwys. Hy is betrokke by die Sederberg Sterrewag (sien my web-blad - ASTRONOMY links). Hulle het nou onlangs 'n klompie dik glas uit 'n ou akwaruim in die hande gekry waaruit hy onder andere 'n 22 duim spiee"l geslyp het. Ek kry nou net 'n gedagte - PE het mos ook 'n akwaruim - dalk moet jy daar gaan hoor, 'n mens weet nooit! > Hoe gaan ek dit laat "coat" vir die glas? Hier kan ek jou ten minste darem help. 'n Gratis diens wat ons (die SAAO) aan die amateurs verskaf is om hulle spiee"ls te "coat". Jy moet dit natuurlik net goed verpak in 'n stewige krat hier by ons kry. > weet jy nie van iemand wat 'n spieel het nie? dalk om te verkoop - > goedkoop? Ek gaan kyk partymaal op die kennisgewingbord van die Kaapse Tak van die Astronomical Society, maar as daar die slag iets geadverteer word is die pryse maar giftig! Laat weet hoe jy vorder - ek sal laat hoor as ek enige nuus hier het. Groete Willie Mr. W.P. Koorts ( wpk@saao.ac.za ) South African Astronomical Observatory PO Box 9 Observatory 7935 South Africa Tel. (27) (21) 47 0025 Fax. (27) (21) 47 3639 World Wide Web ( Work ) http://www.saao.ac.za World Wide Web ( Personal ) http://www.saao.ac.za/~wpk/