From wpk@saao.ac.zaFri Jul 17 22:42:55 1998 Date: Tue, 30 Jun 1998 14:41:58 +0200 (GMT+0200) From: Willie Koorts To: Sakkie van Rensburg Subject: RE: Teleskoop On Tue, 30 Jun 1998, Sakkie van Rensburg wrote: > Baie dankie vir jou inligting ek waardeer dit opreg. > Ek het met Julie gepraat en sal haar weer kontak > Haar teleskoop is nog beskikbaar en ek stel regtig belang. > Ek sal Matie Kontak by UOVS. Jislaaik! Jy is op jou kop ne^? Ek was net vir 'n rukkie weg uit my kantoor en jy het klaar jou huiswerk gedoen! Ek is bly jy kon die inligting gebruik. > Is die teleskoop van Julie 'n goeie begin vir my dir prysklas is ook reg? Dit is moeilik vir my om te oordeel of dit die regte teleskoop vir jou is. Na regte (en soos jy ook sal sien in die web-verwysings) beveel hulle aan dat jy eers moet begin met blote oog en verkyker - dan na 'n klub (soos Matie hulle) en teen daardie tyd behoort 'n mens 'n redelike idee te he^ wat se teleskoop om te koop. As jy dalk pryse wil vergelyk, ek dink amper haar teleskoop is die Powerstar 8. Vir plaaslike agente kan jy moonlik Tothills Kaapstad (Tel. 021-21 2421), Noyes Kenilworth (Tel. 021-76 15701) of die Johanneburg Planetaruim (Tel. 011-716 3199) probeer. > Vrystaat Groete > Sakkie van Rensburg Jy ken die dalk vir Ds. Bennie van Rensburg nie (NGK) - hy het so 'n rukkie terug van Bloemfontein na Wellington oorgekom? (Kaapse) Groete Willie