In Sutherland, met sy 180° horisonne, sien mens nogal dikwels die aarde se skaduwee net na sononder. Dit was egter vir my nuus dat dit ook bekendstaan as die Gordel van Venus.

Vanjaar (2006) was hierdie verskynsel nogal vir my opvallend duidelik in Februarie/Maart. Ek wonder of daar iets anders aan die atmosfeer was. Ek het dit vanjaar by verskeie geleenthede, ook in die oggend, net voor sonsopkoms, waargeneem. Dan moet jy natuurlik Wes kyk en word die donker-blou gedeelte stelselmatig kleiner.

Foto: © Willie Koorts

Hierdie foto was op Kersdag, 2004 geneem.
As jy mooi oplet sal jy sien dat SuperWASP se geboutjie nog hier ontbreek.

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer