´n Animasie van 11 fotos, een minuut uitmekaar, met sononder op Saterdag, 3 Junie 2006, wys duidelik hoe die aarde se skaduwee opkom agter die koepels van die Sutherland Sterrewag. Die dinamika van die verskynsel kan hier mooi gesien word. Let op hoe die skeiding tussen die donkerblou skaduwee en die ligpienk-verligte atmosfeer (oftewel die Gordel van Venus), gaandeweg vermeng en verdof soos die son dieper agter die teenoorstaande horison wegsak.

Foto: © Willie Koorts

Kliek Back op jou web-blaaier om terug te keer